gewildstegedigte.litnet.co.za » Breyten Breytenbach

’n brief van hulle vakansie
vir oubaas:

Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur

oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,

die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my

op die knieë van hul Gij Here God lê;

noudat ek agter ’n baard kou kan ek huil

as hulle snags my naam fluister met die ruite

donker knippende oë in die wind, oor die visolie

vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see

en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene

in ’n kortbroek en speel krieket op die duine

en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

want hys ’n bokser dokter boer

’n kaptein en ’n held ’n indoena tussen grysaards –

En as die reën soos ’n gesluierde bruid oor die see kom

word die lieflinghond (Trixie) lam;

drie dae veg die veearts en buig dan die knie

en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier

die plaas van hulle jong liefde en plant die saad

’n soenoffer in die diep grond se skoot

want nou is hulle minnaars

stil bome in die najaar met die wind

strelende drome in die takke

onder komete leeftye lang wêrelde

My ooms sterf soos kapok in die son

hartaanval beroerte kanker en tering

en my pa word stiller en meer verskriklik

van dop tot dop

Hier waar die harde winters en nat somers

my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor

die soet hart van my moeder

my pa se stil en bitter krag

Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif

want niemand sal ’n boodskap wat rooi is skiet nie.

Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek

weet al die jagters sal dink dis die son.

Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder

en waar hy vlieg daar skitter oseane

en bome word groen

en hy kleur my boodskap so bruin oor jou vel

Want my liefde reis met jou mee,

my liefde moet soos ’n engel by jou bly,

soos vlerke, wit soos ’n engel.

Jy moet van my liefde bly weet

soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie